

ROMERIGE KASERIGE SPEK PASTA
Ek was vanaand lus vir pasta, so toe maak ek my eie resep.
1 ui, fyngekap
1 pakkie sampioene, opgesny
500 g spek, opgesny
1 bottel “Ina Paarman creamy cheese pasta sauce”
1 teelepel fyngekapte knoffel
1 teelepel peri peri sous (opsioneel)
250 g penne pasta
swart peper en “Ina Paarman garlic pepper spice” na smaak
Kook die 250 g penne pasta tot amper gaar of soos hul sê “al dente.”
Braai spek tot gaar en bruin en skep uit in bakkie.
Braai dan die ui, sampioene en knoffel tot dit begin bruin raak.
Plaas dan spek terug in pan en gooi peri peri sous in, en roer deur.
Voeg dan die “Ina Paarman creamy cheese pasta sauce” by en spoel bottel uit met melk, dit help om die sous bietjie dunner te maak. Die hoeveelheid melk hang af van hoe dun jy die sous verkies,
Meng alles goed deur en laat prut vir so 5 min.
Skep in en geniet!
Resep en foto: Reon Conradie






