

PRUTPOT VARK STOWEGEREG
4 groot vet vark tjops
1 groot uie
1 eetleppel suurlemoensap
1 teeleppel asyn
1 eetleppel mild and spicy kerrie poeier
1 eetleppel Worcestersouspoeier
sout volgens smaak
6 wortels, in blokke gesny
2 tamaties
7 klein aartappels, of meer as jul verkies
3 klein bolle kool, ook gesny
1 blikkie Miami boerie relish (tomato with garlic)
1 blikkie heelpit mielies
1 pakkie Royco Rich and Beefy Stew Mix
1 pakkie Royco BBQ Oxtail Stew Mix
Was die vleis goed in sout water af.
Sny vark tjops in blokkies en pak in prutpot.
Gooi suurlemoen, asyn, sout, kerrie poeier en uie bo op vleis.
Gooi nou kookwater oor vleis tot net toe, plaas prutpot op “hoog”
Wag dat die vleis begin kook, neem tyd vir so uur en ‘n half of net tot dit bietjie sagter is.
Sit al die groente bo op die vleis en kook tot dit gaar is.
Meng nou die stew mix in 2 eetlepels koue water en roer deur.
Sprinkel die BBQ oxtail mix bo-oor.
Sit die deksel terug en laat dit deur kook tot sous verdik het.
Sodra die sous reg is meng dit deur.
Bedien saam met rys.
Foto: Toekie Bosch






