

HEERLIKE SAPPIGE BOKBLAD IN DIE OOND
Smeer 1 heel boerbokblad saam met die voorbeen met ‘n bietjie olyfolie en plaas in ‘n oodbak saam met ‘n paar tiemie takkies.
1 of 2 roosmaryn takkies
1 opgesnyde wortel
1 medium gekerfde ui
2 gekerfde seldery stokkies
1 eetlepel bruin asyn
sout en peper na smaak
Sprinkel 1 eetlepel suiker oor die vleis en bedek met foelie.
Bak op 140ºC vir omtrent vir vier ure.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto Gideon Louw






