

DONSIGE PLAATKOEKIES SONDER EIERS
(maak 20 plaatkoekies)
375 ml (210 gram) koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
335 ml melk
5 ml witasyn
60 ml gesmelte botter
sonneblomolie vir braai
roomkaas of dik room
heuning en kaneel om voor te sit.
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ‘n aparte mengbak.
Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng.
Bak dadelik die plaatkoekies.
Verhit ‘n dun lagie olie oor matige hitte in ‘n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan.
Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant.
Skep dit met ‘n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
Sit die plaatkoekies voor met ‘n lepel vol roomkaas of dik room bo-oor en rond dit af met heuning en kaneel.
Resep geplaas deur Jane Lerm
Foto: Jane Lerm






