
VINNIGE “LOWCARB” KLEIN ROLLETJIES
Hierdie rolletjies is vinnig om te maak – bedien dit vir ontbyt, middagete of saam met sop. Jy kan die hoeveelheid saadjies na smaak aanpas.
90 g amandel meel
10 g lyn saad
10 g afgedopte sonneblom saad
25 g psyllium husk poeier
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
30 ml klapper olie
2 eiers
125 ml suurroom
Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n koekpan met bakpapier uit en spuit dit deeglik met kleefwerende middel.
Plaas die amandel meel, lyn saad, sonneblom saad en psyllium husk in ‘n voedselverwerker (of blender) en pols tot fyn.
Gooi die meel uit in ‘n mengbak. Voeg die bakpoeier en sout by en meng goed.
Meng die olie, eiers en suur room saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng alles goed saam.
Laat die deeg eenkant staan vir 5 minute.
Smeer bietjie olie op jou hande, verdeel die deeg in 4 ewe groot stukke en vorm dit in ronde bolletjies.
Pak dit in die koekpan.
Bak vir 20 – 25 minute tot gaar en goudbruin.
Laat effens in die pan afkoel en keer uit.
Lewer 6.
Resep geplaas deur Jan Van Niekerk






