

SOSATIES
500 g uie, in kwarte gesny of heel klein uitjies
2 eetlepeles kerrie
2 teelepels gemmer, fyn
4 eetlepels borrie
1 teelepels komyn (jeera)
2 eetlepels vinkel of steranys
5 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels mielieblom (maizena)
750 ml bruin druiweseyn (nie balsamiese asyn nie)
1 koppie water
1 koppie appelkooskonfyt
8 gekneusde suurlemoenblare
Kook al die marinade bestanddele in ‘n groot kastrol vir 5 minute of tot dit begin verdik. (Moenie dat uie pap kook nie). Laat afkoel.
Vleis
1.5 kg beesfillet en skaapboud (50/50)
500 g varkfilet of varkboud
250 g skaapstertvet of varkspek
Sny vleis in netjiese 3 cm blokkies – dit hanteer beter as dit effens gevries is. Sny vet in 3 x 1 cm stukkies. Marineer die vleis en uie in afgekoelde kerriesous vir 2 dae. Roer kort-kort om seker te maak die sous bedek alles.
Ryg vleis, ui en spek op geweekte sosatiestokkies. Maak seker dat die vleise van beide soorte eweveel geryg word.
Kook oorblywende sous en sit saam met sosaties voor.
Foto: Elma Venter-Brittz






