

MIKROGOLF MINT SJOKOLADE KOPPIEKOEK
60 ml bruismeel
60 ml suiker
30 ml kakao
1 eier
45 ml olie
45 ml melk
1 klein peppermint sjokolade
Kap die sjokolade fyn en meng by al die ander bestanddele in ‘n groterige koppie.
Mikrogolf vir 2 tot 3 minute op hoog.
Haal uit wanneer reg en bedien saam met vla.
Resep geplaas deur Maryke Lemos
Foto: Maryke Lemos






