MAAK JOU EIE JOGURT
1 liter melk
2 eetlepel melkpoeier
2 eetlepels plein jogurt
Maak melk louwarm, meng res van bestanddele by.
Plaas houer in groter houer/pot.
Gooi nou genoeg kookwater in pot sodat dit gelyk met melkmengsel in houer is.
Plaas in oond en sit oond, stel oond op 70 grade C. Laat oornag in oond.
Volgende oggend verwyder houer van pot en plaas in yskas.
Wanneer goed koud kan jy vrugtestukkies en suiker/versoeter by meng en geniet.
Resep geplaas: Ludia Swart