

LETTIE SE PEPPERMINT CRISP TERT
Foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1 ½ pak Tennisbeskuitjies
1 pakkie suurlemoenjellie
1 blik caramel kondensmelk
1 pakkie Orley Whip – albei sakkies
2 Peppermint Crisps (med)
Maak jellie aan met 1 koppie water, wag tot dit begin stol.
Klits Orley Whip.
Gooi kondensmelk by en klits baie goed.
Voeg jellie by en 1 ½ gerasperde pepperment crisp, klits baie goed.
Gooi in ‘n pan wat uitgevoer is met beskuitjies.
Gooi die res van die Peppermint Crisp bo-oor.
Sit in yskas.
Resep: Lettie Terburgh
PETRé SE KORS:
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
225 g botter/margarien
Smelt botter/margarien in ‘n kastrol.
Maak beskuitjiemengsel fyn in voedselverwerker.
Gooi by gesmelte botter en meng goed.
Druk kors in tertbord met lepel.
Bak 10 minute teen 180°C.
Laat afkoel en skep vulsel in tert kors.






