

KLAMSTE LEKKERSTE SJOKOLADEKOEK
Klits baie goed saam:
4 eiers
2 koppies strooisuiker
2 teelepel vanilla geursel
Meng:
1 koppie sterk swart koffie (terwyl dit nog warm is).
Breek 1 x 80 g dairy milk slab daar in en roer tot dit gesmelt is.
1 koppie Cross & Blackwell mayonnaise
Sif Saam:
2 koppies koekmeel
150 ml kakao
3 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ teelepel sout
Meng nou die koffiemengsel en die meelmengsel om die beurt by die eiermengsel in, totdat alles geinkorporeer is. Gooi uit in gesmeerde panne. Ek gebruik ‘n buntpan, maar die beslag werk ook 100% in 2 x 23 cm ronde koekpanne.
Bak vir 25/30 min by 180°C.
Laat afkoel in die panne.
Maak ganache van 1 groot mint Aero, gesmelt saam met ¼ koppie volroom melk oor lae hitte en gooi versigtig oor die koek.
Room vulsel:
1 koppie melk
2 eetlepels maizena
4 eetlepels versiersuiker
sout
250 g margarien (wooden spoon)
2 eetlepels kakao
2 teelepels vanilla
Kook melk, maizena en sout saam in mikrogolf, roer kort-kort totdat dit dik en glad is. Laat dit tot louerig afkoel.
Room die wooden spoon, versiersuiker, kakao en vanilla tot glad en romerig.
Gooi die kookmelkmengsel by die wooden spoonmengsel en kits dit baie goed deur. Skep dit in die middel van die koek en elke snytjie bedien jy met ‘n skeppie roomvulsel.
NASKRIF: Once on the lips, forever on the hips! Geniet dit.
Resep en Foto: Chrisma Theart






