

KARRINGMELKBESKUIT WAT MAKLIK AANGEPAS WORD
Resep en foto: Yolanda Joubert
FOOD LOVERS RECIPES
Dis karringmelbeskuit, maar kan aangepas word na enige ander beskuit waarvoor jy lus is.
5 koppies koekmeel
3 koppie “nuttywheat”
2 koppies suiker
1 koppie hawermout / Allbran / neute / bessies / klapper
45 ml bakpoeier
10 ml sout
500 g Woodenspoon margarien wit of geel
2 eiers
Meng die volgende:
15 ml koeksoda
15 ml asyn
500 ml karringmelk, ek gebruik ook die maas
Meng al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak, sommer met jou hand.
Smelt die margarien in die mikrogolf, voeg dit by die droë bestanddele en vryf dit in met die hande totdat dit soos krummels lyk.
Maak ‘n holte in die middel van die meelmengsel en breek die eiers daarin.
Voeg die koeksodamengsel by die eiers in die meel en meng goed saam met jou hand. Indien die mengsel te nat is voeg bietjie koekmeel by.
Skep in gespuite of gesmeerde oondpan en maak gelyk. Ek gebruik in oondpan van 45 cm x 40 cm groot.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 30 – 35 min. Toets met ‘n toetspen, oonde verskil en bak dalk stadiger.
Haal die beskuit uit die oond, keer dit uit op ‘n afkoelrak, bedek met ‘n doek en laat dit afkoel.
Sny die beskuit in stukke soos verkies. Pak die stukke beskuit op ‘n bakplaat en droog dit uit in die oond op 70ºC tot uitgedroog.
Nota:
Indien jy nie van die 1 koppie oats / Allbran ens wil byvoeg nie, gebruik dan 9 koppies koekmeel, dan is die beskuit wit en net gewone karringmelkbeskuit.
Dis vrek lekker en baie bros en sag, al is dit klaar gedroog.
Lekker bak almal.
One thought on “KARRINGMELKBESKUIT WAT MAKLIK AANGEPAS WORD”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done