

FRIKKADELLETJIES IN TAMATIESMOOR (OONDGEBAK)
Resep en foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Maer maalvleis (Ek het 1,8 kg gebruik)
2 blikke Miami tamatie en uie smoor (Hierdie maak is lekker en nie waterig nie)
1 pakkie Knorr Oxtail and veg soppoeier
Meng die smoor en soppoeier in ‘n bakkie en plaas in ‘n gesmeerde oondpan.
Vir die frikkadelletjies:
1 ui, gerasper
2 groot wortels, fyn gerasper
2 huisies knoffel, fyngemaak
3 blokkies Weetbix of Nutrific (of so 2 – 3 snytjies brood)
1 eetlepel sojasous
1 eetlepel Ina Paarman seasoned salt
1 teelepel fyn naeltjies
1 handvol Italiaanse platblaar pietersielie, fyngekap
Meng liggies met die maalvleis en vorm frikkadelletjies en plaas op die sous in die oondpan. Bak op 180°C vir 25-30 min.
Die resep kan maklik halveer word.
Bedien met kapokaartappels en gebakte bone.







geskuif