

WAATLEMOEN KRUISEMENT EN VODKADRANKIE
3 koppies waatlemoenstukke, pitte verwyder
vars afgestroopte blare van 8 kruisementtakkies
10 ml suurlemoensap
120 ml vodka
Versap die waatlemoenstukke en kruisementblare in ‘n versapper.
Voeg die suurlemoensap en vodka by die waartlemeon en kruisementmengsel en meng goed.
Dien op met gebreekte ys en versier met vars kruisementblare.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






