

VARKWORSIE EN MURGPAMPOEN OONDGEREG
8 medium murgpampoene, punte verwyder
400 g cocktail varkworsies
250 g swoerdlose spek
4 gras uie, opgesny en wortelpunte verwyder
ongeveer 1 koppie blokkies feta, swart peper geur
Sweet Chilli sous
Sny punte van murgpampoentjies af en sny in lengte deur. Neem twee cocktail varkworsies (net mooi ingepas) en druk dit effens plat. Sit dit in elke murgpampoentjies in (soos jy ‘n worsie in ‘n hotdog bun sal insit). Plaas dit in ‘n oondvaste glasbak (ek het dit nie gesmeer nie).
Gooi sweet chilli sous en gekapte gras uie oor (myne was meeste bo-op maar werk beter binne-in) en druk effens binne in murgpampoentjies in. Rol die gevulde murgpampoentjies in die spek toe. Sprinkel bietjie feta oor. Bak in ‘n vooraf verhitte oond tot die spek krispy is en die murg pampoentjies sag, maar steeds ferm.
Let wel: Ek het geen olie by- of oorgegooi nie. Die dis maak heelwat sous onder van die sweet chilli, spek ens wat uitbraai. Dit gee die murgpampoentjies kans om sag en gaar (maar nie pap nie) te word. Die spek maak ook dat die gevulde murgpampoentjies nie uitmekaar uit val as dit opgedis word nie. Sien op foto is een wat nie spek om het nie, lekker maar breek effens.
Kan ook geniet word saam met fyn aartappels.
Foto en resep: Christelle van Rooyen






