

RISOTTO A LA WAYNE
1 groot wit ui, in dun half skywe gesny
1 groot rooi ui, in dun halfskywe gesny
250 gram sampioene, in skywe gesny
1 teelepel gekapte knoffel
1 teelepel gedroogde rissie
1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
1 koppie risotto rys
1 koppie perle witwyn
4 koppies hoenderaftreksel
1 klein greenpepper, in blokkies gesny
1 klein rooipeper, in blokkies gesny
1 klein geelpeper, in blokkies gesny
1 pakkie ontpitte spaanse olywe, in skyfies gesny
2 ringe feta kaas, gekrummel
2 eetlepels varsgemaalde swartpeper
In ‘n swaarboom kastrol op ‘n gasstoof oor medium hitte, soteer die uie in olyfolie.
Voeg die sampioene by en braai tot geurig en dit begin verkleur. Voeg nog olyfolie by indien nodig.
Voeg die knoffel en rissie by en braai vir nog ‘n minuut.
Gooi 1 eetlepel gemaalde swartpeper by en braai vir nog ‘n minuut.
Voeg die rou risotto rys by en braai vir ‘n paar minute tot dit lyk of al die olie deur die rys geabsorbeer is.
Voeg die witwyn by en roer goed deur. Laat die witwyn weg prut. Roer gereeld.
Voeg die hoenderaftreksel nou ‘n halwe koppie op ‘n slag by en laat dit weg prut oor ‘n laag-medium hitte. Roer gereeld.
Jy weet die risotto is reg wanner dit lyk of daar ‘n taaierige sousie is wat nie meer wil weg kook nie.
Roer die res van die bestanddele by.
Proe of daar genoeg sout in is.
Bedien.
Foto: Wayne Dugmore






