

PEKEL UITJIES
Meng 3 liter water met 200 ml sout, roer tot opgelos.
Skil 4 kg uitjies, sny kruisie aan die bokant van elke uitjie om te verhoed dat die binneste uitpeul as dit kook. Plaas die uitjies in die soutwater en laat dit oornag staan.
Spoel die uitjies die volgende dag goed af in lopende water.
Mengsel vir uie:
3 liter bruin asyn
4 koppies bruinsuiker
120 ml speserye vir piekel uitjies
3 teelepels rissie vlokkies, (crushed chillis)
6 lourier blare
2 eetlepels aromat
Verhit die piekelbestanddele in ‘n pot tot kookpunt, kook vir 5 min.
Voeg die uitjies by en kook nog 5 min.
Skep die uitjies in gesteriliseerde flesse, vul die flesse op met die asynmengsel. Verwyder lugblasies met ‘n mes of sosatiestokkie en seël die flesse. Laat vir ten minste 3 maande staan.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk






