1

PEKEL UITJIES


PEKEL UITJIES
Skil 4 kilogram uitjies, sny kruisie aan bokant van uitjie om te verhoed dat binneste uitpeul as dit kook, laat oornag in soutwater.
Spoel volgende dag goed af in lopende water.
Meng 3 liter water met 200 ml sout, roer tot opgelos.
Mengsel vir uie:
3 liter bruin asyn
4 koppies bruin suiker
120 ml speserye vir piekel uitjies
3 teelepels rissie vlokkies, (crushed chillis)
6 lourier blare
2 eetlepels aromat

Verhit die laaste 6 bestanddele, kook vir 5 min.
Voeg uitjies by en kook nou nog 5 min.
Skep uitjies in gesteriliseerde flesse, vul op met asyn mengsel, haal lugblasies uit met mes.
Verseƫl.
Laat vir tenminste 3 maande staan.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk