

LOURENS SE MACARONI EN KAAS
Resep en foto: Lourens Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
(as jou bak groot is, verdubbel al die bestanddele, behalwe die sampioene)
1 pak gaar macaroni
1 groen soetrissie, opgesny
1 pak spek, stukkies
1 ui, gekap
2 tamaties, in skywe gesny
1 pak sampioene, opgesny
gerookte paprika
Braai soetrissie, sampioene, spek en ui in botter of olie. Onthou alles hang af hoe groot jou bak is.
Hou eenkant terwyl jy die witsous maak.
Witsous:
1 liter melk
knippie sout
100 ml koekmeel
1 koppie kaas, gerasper
100 ml botter
Smelt die botter, voeg koekmeel en sout by. Klits met draadklopper tot gemeng en voeg dan die melk by. Hou aan klits totdat witsous verdik oor lae hitte. Verwyder van plaat en voeg die kaas by.
Pak nou jou lae in die voorbereide oondbak.
Laag tamatieskywe onder in bak, dan lagie macaroni, dan mengsel van uie, peppers en spek, dan laag kaassous. Ek het witsous gemaak met tonne kaas (van jou keuse) in. Meng nou die oorblywende witsous met die oorblywende macaroni en sit alles op die laaste kaassous laag.
Strooi Smokes paprika bo oor met nog ekstra kaas en tamatie heelbo.
Plaas in die oond teen 180°C tot geset. (ongeveer 30 minute)






