

KAAS FRIKKADELLE
± 800 g maalvleis
1 – 1 ½ koppies gerasperde cheddarkaas
1 eier
5 ml gerookte paprika
5 ml Ina Paarman garlic and herb seasoning
10 ml sojasous
Voorverhit oond op 180°C. Meng alles liggies saam en vorm frikkadelle. Ek was lus vir effense worsie vorms. Plaas in ‘n gesmeerde oondpan. Meng een eetlepel olie met ‘n halwe koppie water en gooi bo-oor frikkadelle. Ek doen dit altyd as ek frikkadelle in die oond bak. Bak omtrent 25 minute, en rooster (grill) vir paar minute.
Resep en foto: Louise Groenewald






