

GEBOTTELDE JALAPENOS
1 kg rissies
Sny die stingelkant af en rol rissie liggies tussen die hande en skud dan onderstebo om pitte te verwyder.
Behou die stingelkant.
Dompel rissies vir 3 min in kookwater, dreineer en maak seker daar is geen water in die rissies nie.
Vul rissies met Feta en plaas die stingelkant terug, steek met ‘n tandestokkie of sotatiestokkie vas.
Maak seker die “dekseltjie” pas mooi stewig.
Kook die volgende saam:
750 ml water
750 ml asyn
¾ koppie suiker
1 ½ teelepel sout
½ pakkie piekel speserye
Pak die rissies in bottels en vul met piekel asyn. (Moenie die stokkies verwyder nie)
Resep gepos deur Beulagh Lombard






