

BULLYBEEF GEBAK
Goedkoop en vinnig.
Ek weet nie wat om dit te noem nie, maar kom ons noem dit sommer bullybeef gebak/tert, heerlik vir 4 mense as ‘n ete saam met chips en ‘n slaai, of in blokkies gesny vir ‘n snack.
1 blikkie bully beef
2 medium uie, fyn gekerf
1 koppie cheddar kaas
1 koppie melk
2 eiers
2 eetlepels bruismeel
½ teelepel sout
peper na smaak
knippie rooi peper
Druk bullybeef fyn, voeg uie en gerasperde kaas by.
Meng bruismeel met bietjie melk tot ‘n pasta en voeg dan die ander melk stadig by terwyl jy roer.
Gooi dan jou eiers daarby en klits met ‘n vurk.
Voeg daarby jou sout, peper en rooi peper by.
Meng dan saam met die bullybeef mengsel.
Gooi in gesmeerde bak.
Bak in vooraf verhitte oond teen 175°C vir 30 tot 45 min afhangende van die diepte van jou bak.
Foto: Marlene Galvin
Resep geplaas deur Marlene Galvin






