

BEKOSTIGBARE HEERLIKE HOENDERPASTA
3 koppies gaar hoender (ek het oorskiet braai hoender gebruik)
4 koppie kaassous medium dikte (met omtrent 2 koppies kaas in)
1 blik sampioenstukke, gedreineer
250 g rou macaroni (ander pasta sal ook werk), gaargemaak volgens aanwysings
1 eetlepel droë mosterdpoeier
1 teelepel droë Italiaanse kruie
sout en peper na smaak
kaas om bo-oor te strooi
Ek gooi soms ‘n halwe koppie gekapte groenrissie en as ek het 1 koppie gekapte ham (sommer sandwich ham) by.
Meng alles goed saam en gooi in oondvaste bak en strooi kaas bo-oor.
Bak ongeveer 20 minute op onderste rak van klein oondjie of groot oond as jy nie een het nie teen 180°C.
Die dis kan ook in 2 bakke verdeel word en dan kan een bak gevries word.
Bedien saam met slaai.
Genoeg vir minstens ses persone (afhangend van hoe honger).
Resep en Foto: Francis Schoeman






