

10 MINUTE KOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
4 teelepels bakpoeier
½ koppie maizena
2 eiers
1 koppie water
knippie sout, opsioneel
Meng al die bestanddele saam. Gooi in voorbereide oond bak.
Bak 10 minute in vooraf verhitte oond teen 180ºC, skakel oond af en laat staan vir 10 minute in die warm oond voor jy dit uithaal.
Indien jy die resep verdubbel, verdubbel die tyd ook. Heerlik en sag!
Resep en foto: Annie Moule






