WIT SJOKOLADE EN MURGPAMPOENKOEK
4 eiers
500 ml bruinsuiker
250 ml olie
5 ml vanilla geursel
325 gram bruismeel
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
5 ml kaneel
5 ml gemengde speserye
1 ml sout
500 ml fyn gerasperde murgpampoentjies
125 ml wit sjokolade ‘chips’
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits eiers en suiker saam tot dik en romerig.
Voeg olie geleidelik by en klits saam tot goed gemeng en romerig.
Sif droë bestanddele saam en meng by eiermengsel in met klitser.
Vou die murgpampoentjie en sjokolade chips liggies by die beslag in.
Deel beslag gelyk tussen en twee 20 cm voorbereide koekpanne (uitgevoer met waspapier).
Bak 40 minute.
Haal uit oond, laat effe afkoel en keer uit om heeltemal af te koel.
Wit sjokolade en roomkaasversiersel
285 gram wit sjokolade ‘chips’
250 ml Woolies ‘double thick cream’
2 x 230 gram bakkie Simonsberg roomkaas by kamertemperatuur
5 ml vanilla geursel
Voeg die sjokolade chips en room in ‘n mikrogolf vaste bak en verhit in mikrogolf vir 1 min.
Roer tot sjokolade gemeld is en mengsel glad is.
Bedek met cling wrap en laat vir +- 4 ure afkoel in yskas om ganache te vorm.
Na 4 ure klits die roomkaas en vanielje tot dik en donsig.
Skep die ganache by die roomkaas en meng geleidelik deur en klits dan vir +- 2 min tot mengsel ook lig en donsig is.
Plaas terug in yskas vir +- 1 uur waarna koek versier kan word soos verkies.
Ek het versier met die oorblywende sjokolade chips en pecan neute.
Geniet!!!
Foto en resep geplaas deur Christine Louw
geskuif