

VARS SALM MET BLOMKOOL PUREE EN BABA SPINASIE
300 g blomkool, gekook tot sag
sout en peper na smaak
1 eetlepel roomkaas
400 g baba spinasie
sout en peper
2 tone knoffel
Giet die vloeistof af van die blomkool.
Geur met sout, peper en voeg die eetlepel roomkaas by.
Pureer tot glad.
Roerbak die baba spinasie in bietjie olyf olie saam met sout en peper en 2 tone knoffel in ‘n pan op die stoof.
Balsamic glaze:
Plaas bietjie olyf olie in pan en braai rosa tamaties vir so 5 minute op hoë hitte.
Sit dan 2 eetlepels balsamic asyn by en 3 eetlepels heuning en braai totdat daar ‘n glaze kom.
Bak salm velkant binne eerste in bietjie olyf olie vir so 5 min en dan 5 min aan ander kant.
Wanneer gaar, haal uit die pan en plaas in die borde met die salm bo-op die blomkool puree en die “glaze” bo-op die vis. Geniet!
Resep en foto: Claudia Coetzee






