VARS SALM MET BLOMKOOL PUREE EN BABA SPINASIE
300 gram blomkool gekook tot sag. Gooi vloeistof af en sit sout, peper en 1 eetlepel roomkaas by. Pureer tot glad.
400 g baba spinasie, geroerbak in bietjie olyf olie met sout en peper en 2 tone knoffel in ‘n pan op die stoof.
Balsamic glaze:
Plaas bietjie olyf olie in pan en braai rosa tamaties vir so 5 minute op hoë hitte.
Sit dan 2 eetlepels balsamic asyn by en 3 eetlepels heuning en braai totdat daar ‘n glaze kom.
Bak salm velkant binne eerste in bietjie olyf olie vir so 5 min en dan 5 min aan ander kant. Wanner gaar, haal uit die pan en plaas in die borde met die salm bo-op die blomkool puree en die “glaze” bo-op die vis. Geniet!
Resep en foto: Claudia Coetzee