

RONI SE JAPTRAP SJOKOLADE NAGEREG
So ‘n vinnige nagereg:
sjokoladekoek, in blokkies gesny
bietjie lemoensap, om blokkies in te doop
sjokolade kitspoeding, aangemaak en laat gestol
room, styf geklits, hang af van die hoeveelheid porsies wat jy wil bedien
Wanneer poeding klaar gestol is meng met helfte van die styfgeklitste room.
Neem ‘n mooi glas waarin jy gaan bedien en pak lae soos volg:
Begin met sjokoladekoek blokkies wat met lemoensap nat gemaak is, pak onder in die glas.
Breek skuimpies oor die koekblokkies.
Skep van die sjokoladepoedingmengsel oor.
Herhaal tot die glas vol is en sit ekstra room bo-op en versier.
Vrek eenvoudig, vrek lekker.
Resep en foto – Roni Van Der Walt






