

ROMERIGE OUTYDSE RYSPOEDING
1½ koppies gekookte rys
2 koppies melk
¼ teelepel sout (indien die rys nie klaar sout in het nie)
2/3 koppie pitlose rosyntjies
1 geklitste eier
1/3 koppie suiker
1 eetlepel botter
½ teelepel vanilla ekstrak
Meng die rys, 1½ koppies van die melk en sout in ‘n kastrol oor medum hitte. Laat dit kook tot dik en romerig vir ongeveer 15 tot 20 minute. Roer gereeld. Roer die oorblywende ½ koppie melk, die rosyntjies, geklitste eier en suiker by die rysmengsel. Roer dit aanmekaar terwyl hierdie bestanddele bygevoeg word. Hou aan kook vir 2 tot 3 minute tot die eier gestol het. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die botter en vanilla by die mengsel in.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto Adam Cloete






