

PORTUGESE HOENDER
1 heel hoender
15 ml Portugese hoender spesery mengsel
7 ml gerookte gedroogde rissie vlokkies
10 ml gerookte paprika
1 ui, gekap
handvol klein tamaties
200 ml droë wit wyn
50 ml olyfolie
½ suurlemoen
Meng die olyf olie en die speserye en vryf oor die hele hoender. Gooi bietjie olie in swaarboom pot en braai die uie, tamaties en hoender regom tot liggies goudbruin. Druk die halwe suurlemoen in die hoender se binneste. Gooi die wyn by en sodra die vloeistof feitlik weggekook het, gooi bietjie kookwater by en laat die hoender prut tot gaar. Hou dop sodra die vloeistof min word, gooi bietjie kookwater by. Bedien sodra die hoender gaar is.
Resep en foto : Elsabie Templeton






