

PETRÉ SE SKILFERKORSDEEG
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg koekmeel
1 kg botter/vol-vet margarien
1 teelepel sout
3 eiergele
3 koppies water
sap van 1 suurlemoen / 45 ml bottel suurlemoensap
Meel en Kremetartmengsel:
3 koppies koekmeel (hierdie is ekstra meel, nie deel van die 1 kg meel nie)
1 pakkie kremetart
Meng goed deur.
Klits eiergele saam met water en suurlemoensap. Vryf 125 g botter in meel. Deel res van botter in 3 gelyke dele. Meng eiermengsel met meelmengsel, en knie tot ‘n stywe elastiese deeg. Laat rus 45 minute in die yskas. Rol deeg in ‘n reghoek uit, en rasper 1/3 de botter oor 2/3 des deeg
Sprinkel met kremetartmengsel (dit word ook gebruik as uitrol meel). Vou 1/3 de van die deeg wat nie botter op het oor ‘n 1/3 de van deeg met botter op, en die wat gevou is oor die ander 1/3 de van die deeg
Rol uit, en herhaal nog 2 keer. Laat rus vir 45 minute in yskas.
Gebruik soos verkies.
Nota: vir die pasteitjies se maak: Dit is net sirkels wat ek uitdruk. Dit is soos die deeg bak en rys.
Jy kan letterlik die lagies tel. Een sirkel onder, vulsel in die middel.
Smeer die rand met eier of melkmengsel. Plaas een sirkel bo oor, druk mooi vas.
Vir die groot pasteie rol ek die deeg ongeveer 4 mm uit.
Die klein pasteitjies dunner. Bak by 180°C vir om en by 20 tot 25 minute.
Hierdie deeg kan gevries word.







geskuif