ONFEILBARE ROLKOEK
Die geheim van rolkoek bak, is om vinnig daarmee te werk wanneer dit uit die oond gehaal is en nie te lank te bak nie.
4 eiers, geskei
50 ml koue water
250 ml strooisuiker
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knypie sout
5 ml vanilla geursel
150 ml fyn appelkooskonfyt om te smeer voor die koek toegerol word
Addisioneel:
1 blikkie karamelkondensmelk saggemaak om te smeer voor die koek opgerol word
Smeer ‘n rolkoekpan van 30 x 45 cm en voer dit uit met waspapier en smeer die papier ook.
Stel die oond op 200ºC en plaas oondrak in die middel van die oond.
Klits die eiergele, water en strooisuiker baie goed tot dit bleekgeel en sponserig dik is.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou dit bietjiesgewys met ‘n metaallepel in die eiergeelmengsel in.
Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm.
Vou die styfgeklitste eierwit by die eiergeelmengsel in.
Skep die deeg in die pan en smeer gelyk.
Bak 10 minute, keer uit op klam doek wat met suiker bestrooi is..
Trek die papier vinnig maar versigtig af.
Rol die koek met doek en al op en laat afkoel.
Nou kan u dit vul met warmgemaakte konfyt, karamelkondensmelk of styf geklitste room en aarbeie.
Resep geplaas deur Lizelle De Jager
Foto: Dawn Van Graan