

MIKROGOLFOOND BROWNIES
Vir die wat net ‘n mikrogolfoond tot hul beskikking het… jy kan ook brownies bak!
2 eiers
190 ml suiker
125 ml gesmelte botter/volvet margarien
5 ml vanielje essense
2 ml sout
190 ml koekmeel
45 ml kakao
125 ml klapper
Klits eiers, suiker, botter, vanielje essense en sout saam. Sif die koekmeel, kakao en klapper by. Skep in ‘n vierkantige mikrogolf bak en plaas in mikrogolfoond vir 6-7 minute op hoog. Laat behoorlik afkoel en sny in blokkies.
Resep en foto: Gillian Vermeulen







Geskuif.