

MENGELSLAAI MET PYNAPPEL
¼ engelse komkommer
1 klein soet pynappel
¾ groen soetrissie
300 g Romanita babatamaties
Ina Paarman Garlic and Black Pepper sout
Sny alles in blokkies en tamaties net middeldeur. Geur met Ina Paarman kruie. Ek het geen slaaisous gebruik, die pynappel ens. gee lekker smaak. Maak medium slaaibak vol.
Bedien met vis/visvingers en goudbruin gebakte aartappelskywe. Die aartappelskywe het ek paar minute gekook met skil en al, die water gedreineer en in olie gebak tot goudbruin.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen






