

KYLE SE KALE GEREG
Het vanaand lekker kale vir ‘n bykos gemaak. Baie min mense (veral kinders) hou daarvan.
200 g kale, opgesny
2 medium uie, gekerf
1 groot knoffel huisie, fyn gekap
1 pakkie spek, gesnipper
4 medium aartappel, in blokkies
Ek braai eers die kale in klein bietjie olyf olie en sit een kant. Dan braai ek lekker uie, knoffel en spek saam en sit dan gekookte aartappel blokkies by. Meng alles saam en voeg neut, sout en peper by.
Tog te heerlik met ‘n aandete, bedien saam met oond gebakte hoender.
**Kale kan help om welsyn te bevorder en ‘n verskeidenheid gesondheidsprobleme te voorkom. Dit bevat onder meer vesel, antioksidante, kalsium en vitamien K. Dit is ook ‘n goeie bron van vitamien C en yster.
Foto en resep: Kyle Jensen






