

KLEIN APPELTJIE NAGEREG
Ek’t nou ‘n dankbare stukkie brood geëet en tooooeee skep vroulief vir ons die lekkerte!
5 klein geskilde en ontpitte en gehalveerde appeltjies
125 ml water
125 ml suiker
½ teelepel kaneel
Bring die water en suiker tot kookpunt, voeg dan die appels by en kook 30 min stadig of tot sag en die sous effens dik is.
Sprinkel die kaneel oor 5 min voor afgehaal word van die hitte.
Laat afkoel tot koud en bedien saam met vla of roomys.
Jy kan dit warm ook opskep en is netso lekker.
Ons het sommer ‘n bietjie boksvla gebruik.
Maar dis heerlik maklik en gou.
Foto en resep: Gideon Louw






