KERRIEVIS KOEKIES
1 blik vis in tamatie
½ ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ml gemmer
1 ml borrie
1 ml paprika
1 ml fyn koljander
1 ml brandrissiepoeier
2 ml masala, ek gebruik kerrie
sout en peper na smaak
1 sny brood, korsies af en geweek in melk
1 eier, geklits
125 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
Dreineer vis effe, ek hou bietjie sous om op gaar viskoekie te skep. Meng alles.
Vorm koekies, rol in meel, laat rus in yskas en bak in olie. Ek bak myne in kolwyntjiepan, geen olie nodig nie.
Nota: Bak in elektriese kolwyntjiepannetjie tot geset of in oond @180°C tot gaar.
Resep en foto’s: Frieda Greyling