

JUANRI SE VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP SOUS
6 groot vark tjops
1 teelepel knoffel
1 groot ui, grof gekap
250 ml kookwater
125 ml koppie mayonnaise
125 ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125 ml blatjang
Meng al die sous bestanddele bymekaar. Sit die vark in ‘n kasserol en voeg die uie bo-oor. Skep die sous oor die vark en plaas die deksel op. Bak op 190°C tot die vark sag en gaar is. Bedien saam met rys en voeg sous oor.
Ek het klein baba aartappeltjies gekoop en in die mikrogolfoond gaar gemaak vir 10 minute op hoog saam met knoffel botter (die aartappels kom klaar in ‘n sakkie met die knoffel botter). Het dit bedien saam met suurlemoensap, sout en peper.
Ek het koolslaai gekoop en manlief het die koolslaai bietjie gedokter, so ongelukkig het ek geen idee wat hy alles bygevoeg het nie want hy noem dit altyd sy geheime resep.
Dit was regtig ‘n baie lekker resep en dit is beslis ‘n groot wenner vir wanneer gaste kom kuier.
Foto en resep deur Juanri Van Der Walt






