

INA SE PIESANGBROOD
Beste in die weste, probeer hom gerus
3 groot piesangs, fyngedruk
½ koppie margarien
¼ teelepel sout
2 eiers
1 teelepel vanilla
2 koppies koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ koppie karringmelk of suur gemaakte melk
1 ½ koppie suiker
Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180°C tot bruin en gaar ongeveer ‘n uur tot uur en 15 min hang af van die oond.
Toets met toothpick in die middel van die brood, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
Resep geplaas deur Morweena Phillips-Smith
Foto: Lorraine de Vries… 1 beslag maak 1 brood.






