

HEERLIKE MANGO SALSA
2 groot mangos, in klein blokkies gesny
¾ koppie uie, fyn gekap
¾ koppie groen soetrissie, fyn gekap
¾ koppie tamatie, in klein blokkies gesny
pietersielie, fyn gekap
10 ml suurlemoen sap
Meng die mango, uie, greenpepper, tamatie en pietersielie in ‘n bak. Giet dan suurlemoen sap oor na smaak. Laat rus vir 10 minute.
Variasies
Vervang greenpepper met rooi of geel peppers
Sny avokado by.
Los tamatie uit die resep uit.
Vervang pietersielie met koljander blare.
Gebruik droë of vars pietersielie
Bedien met:
Gebraaide hoender
Gebraaide vark
vis
Of geniet dit as ‘n slaai.
Resep geplaas deur Mandie Snyders
Foto: Mandie Snyders






