


HEERLIKE FRIKKADELLE MET SOUS
1 kg maalvleis
2 eiers
1 koppie broodkrummels
3 eetlepels soet chillie sous
3 eetlepels Worcestersous
sout en peper na smaak
Meng alles saam, maak frikkadelle.
Pak in oondbak en smeer oor 2 eetlepels blatjang en 2 eetlepels appelkooskonfyt.
Bedek met foelie en bak 1 uur.
Hier het ek die resep aangepas volgens my smaak.
Ek het die frikkadelle uitgehaal en die sous in ‘n pan gegooi en toe 2 eetlepel soppoeier mengsel met 1½ koppie water gemeng by sous gegooi en geroer tot lekker dikkerig en oor frikkadelle gegooi.
Resep: Gideon Louw
Aanpassing en 2 de Foto Roni Van Der Walt
Foto: Elna Erasmus
Ek het vanaand hierdie frikkadelle van Gideon Louw gemaak. Ek het die sous apart bedien. Ek het ook 1 ui by gerasper. Ek het die frikkadelle heerlik bruin gebak soos Manlief daarvan hou.






