GROENTAMATIEBLATJANG
3 kg groen tamaties, gesny en geskil in klein blokkie
125 ml sout – gooi oor tamaties en laat oornag staan en dreineer volgende dag oortollige vloeistof
1½ kg fyngekapte uie
750 ml suiker
750 ml asyn
Roer uie, suiker en asyn by tamaties die volgende dag en kook vir 1 uur.
Meng nou die volgende saam tot daar geen klontjies meer is nie:
90 ml koekmeel
30 ml kerriepoeier
30 ml mosterd
5 ml rooipeper
15 ml borrie
125 ml appelkooskonfyr
375 ml asyn
Voeg nou 250 ml van die warm tamatiemengsel by die kerriemengsel en meng goed.
Gooi dan by kokende tamaties en kook vir 15 min. Roer aanhoudend.
Bottel warm in gesterliseerse flesse.
Resep geplaas deur Mariska Rossouw
Foto: Franci Lemmer
Geskuif