

GEVLEGDE FLANK (LIESLAPPE) IN DIE OOND
Sny die ergste vet en senings uit 2 flank snitte (lieslappe) en sny dit dan in lang repe. Vleg dit in lang vlegsels en ryg die vlegsels deur sosatie stokkies. Laat dit vir 2 tot 3 ure of langer in die volgede sous marineer.
2 eetlepels jimmys sous
½ koppie worchestersous
3 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels heuning
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel swartpeper
1 teelepel droë pietersielie
1 teelepel italiaanse kruie
1 teelepel sout
Meng alles saam behalwe die sout en giet dit oor die vlegsels in n oondvaste bak en bedek met foelie. Laat staan in koelkas vir 2 tot 3 ure of oornag.
Bak dit in die oond vir 2 ure op 160ºC en maak oop en strooi die sout oor
Bedek weer en bak vir nog n uur en 15 minute
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






