

DADEL PUREE
Ek het dadel puree gemaak wat ons saam volstruis geëet het. Was dit nou lekker en dit werk. Die puree is onder die vleis, so foto wys nie eintlik nie. Maar dis die idee wat tel 😀
1 pakkie ontpitte dadels
2 koppies rooiwyn
knippie sout
1 eetlepel suiker
¼ teelepel gemengde kruie
Kook tot pap en onthou dis nie ‘n sous nie, maar ‘n puree, so dit sal nie loperig wees nie.
Bedien saam volstruis fillet (medium to rare)
Foto en resep: Marian van Deventer






