

BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS
Foto: Roni van der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Boerewors met sampioene in coke sous gekook word bedien op krummelpap.
Boerewors, in stukke gesny
1 groot ui, in halfringe gesny
1 koppie groen soetrissie stukkies
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel soyasous
1 eetlepel Worcestersous
½ koppie cokeBraai die uie, groen soetrissie en wors saam in ‘n bietjie olie.
Maak ‘n sous van die tamatiesous, bruinsuiker, soya sous, Worcestersous en coke.
Voeg by die wors en laat kook bedek oor ‘n stadige hitte tot die wors gaar is.
Skep die wors uit en sit die sampioene by die sous.
Voeg 1 groot eetlepel soppoeier bêre mengsel met water aan gemaak by.
https://www.foodloversrecipes.com/2014/01/sous-beremengsel/
Kook die mengsel deur en skep dit oor die wors.
Bedien op krummelpap.







Geskuif