

SLAAISOUS SKAAPBOUD
2.5 kg skaapboud
1 bottel Griekse slaaisous
200 g spek
5 -7 knoffelhuisies
Stop boud met knoffel en spek (maak gaatjies oral in die boud met ‘n skerp mes en druk in elke gat ‘n stukkie knoffel en spek).
Spuit slaaisous in boud.
Laat rus oornag in yskas.
Bak in 140ºC oond met deksel op vir 2 ure.
Skep elke 40 min die sous oor die vleis, of gebruik ekstra sous om oor te sit. Maak vleis oop en bak op 180ºC vir verdere uur tot mooi bruin.
Laat vleis rus voor opdien.
Resep en foto: Suenell Liebenberg






