

RIA SE SOUTTERT MET VARIASIE
Foto en resep: Ria Dednam
FOOD LOVERS RECIPES
Broccoli en Feta souttert en Groenrissie souttert
Het jare terug die basisresep in ‘n tydskrif raakgeloop. Vandag bietjie aangepas vir al die verskillende voorkeure van die gesin.
BROCCOLI EN FETA SOUTTERT
4 snye witbrood (ek los die korsies aan)
300 ml melk
250 g spek, gesnipper
1 ui, blokkies gesny
2 koppies gaar broccoli
2 sirkels Feta (kan verminder)
7 eiers
sout en swart peper
1 sirkel Feta kaas vir bo-oor
Voeg melk by brood.
Braai spek en uie.
Klits eiers.
Sny Feta in blokkies.
Sny broccoli fyn.
Roer alles bymekaar.
Geur na smaak.
Frummel Feta bo-oor.
Bak 30 – 45 minute by 180 ºC.
GROENRISSIE SOUTTERT
Presies soos bo.
Vervang broccoli net met 1 gekerfde, gebraaide groenrissie, en Feta met 250 ml gerasperde cheddarkaas. Gooi nog kaas bo-oor.






