


MAKLIKE MELTING MOMENTS
1 koppie botter
½ koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla essense
1 ½ koppie meel
½ koppie mielieblom
1/8 teelepel sout
Klits die suiker en botter saam. Sif die droë bestanddele saam. Meng die meel en botter mengsel saam. Rol balletjies. Druk plat met vurk. Bak tot ligbruin teen 180°C.
Jy kan dit ook deur ‘n pypsak sit soos die eerste foto.
Foto: Monique van der Merwe






