

LEKKERSTE KLAM WORTELKOEK
Voorverhit oond tot 180°C.
375 ml suiker
250 ml kookolie
3 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
375 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
13 ml kaneel
1 ml neutmuskaat
5 ml sout
500 ml grof gerasperde geelwortels
1 groen appel, grofgerasper of ‘n fyngedrukte piesang
125 ml gekapte neute van jou keuse
Klits die suiker, olie, eiers en vanieljegeursel saam. Sit die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in. Voeg die geelwortels, appel en neute by en meng goed. Skep in gesmeerde 23 cm ringkoekpan of 2 ronde koekpanne. Bak ongeveer 45 minute lank. Laat 15 minute staan en keer dan op ‘n draadrak uit.
VERSIERSEL
50 g sagte margarien
5 ml vanieljegeursel
500 ml versiersuiker
15 ml gerasperde lemoenskil
50 ml gladde maaskaas (as jy nie van maaskaas hou nie kan jy net bietjie suurlemoensap byklits tot na smaak)
Meng die sagte margarien, vanieljegeursel en versiersuiker. Voeg die skil en maaskaas by en meng liggies tot glad. Versier koek.
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp







Geskuif na YRB