

LASAGNE IN DIE PRUTPOT
My eerste keer wat ek lasagne maak in die “slow cooker”.
Braai jou 500 g maalvleis in ‘n pot tot gaar, voeg 1 ui by en knoffel na smaak en braai vir 10 min.
Plaas die maalvleis in die prutpot. Voeg die volgende by:
1 blikkie tamaties
250 ml rooiwyn
1 wortel, fyn gesny
100 g ham, in blokkies gesny
sampioene, opgesny
tamatie pasta, na smaak
Sit deksel op en kook op hoog vir 2 ½ ure
Skep jou maalvleis sous uit die prutpot en hou eenkant.
Maak witsous in ‘n pot op die stoof. Hoeveelheid na smaak, want mens moet ‘n lekker dik laag witsous gebruik.
Smelt 30 ml botter en gooi ongeveer 30 ml meel by. Meng dan 250 ml room by en gerasperde kaas vir ‘n kaassous.
Plaas nou jou lasagne in lae in die prutpot. Eers vleis, dan lasagne velle, dan witsous, hou aan tot jou bestanddele op is.
Stip met botter en strooi gerasperde kaas oor.
Sit pot op hoog vir 1 uur.
Bedien saam slaai en knoffel broodjie.
Resep aangepas en foto: Chantelle Van Huyssteen






