

KOFFIEMENGSEL MET ‘N KINKEL
1 koppie Nescafé
1 koppie suiker
1 koppie koue water
Meng in voedselverwerker, skep in plastiese bak en vries.
Ek gebruik 1 hoogvol teelepel per koppie, en dan kookwater, dit skuim lekker soos cappuccino (mengsel vries nie hard nie, hou in vrieskas).
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen






