

HOENDER SCHNITZEL MET GESTOLDE SLAAI
Hoender schnitzel met broodkrummels gemaak, gestoomde groentes en gestolde slaai met rou wortel, uie en komkommer wat in baie dun julienne repies gesny is en in groenpruim jellie met so eetlepel wit asyn geset is. Die asyn maak dit net minder soet. Heerlike koue slaai op warm aand in Gauteng!
Gestolde wortel, uie en komkommer slaai
2 groot wortels
½ komkommer (moenie skil)
1 klein ui
1 pakkie groenpruim jellie, aangemaak
2 eetlepels wit asyn
Jy kan alles grof rasper maar ek het dit in baie dun julienne repies gesny met spesiale snyer anders maak die komkommer baie vloeistof wat moet uitgedruk word.
Laat die jellie en asyn effens stol en roer dan die groente deur en laat stol in yskas.
Ek het ‘n knippie gerookte droë rissie vlokkies bygevoeg vir bietjie zing.😁
Resep en foto: Elsabie Templeton







Geskuif